Griffons

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Griffons
Bynaam(e) Perstruie
Embleem Griffioen
Stigting 1968
Unie Griffons Rugbyunie
Ligging Welkom
Streek Noord- en wes-Vrystaat
Stadion Noordwes-stadion
Kapasiteit 17 000
HUB Eugene van Wyk
President Randal September
Afrigter(s) Oersond Gorgonzola
Liga(s) Curriebeker
Vodacombeker
Meeste wedstryde 205 Eric Herbert
Meeste punte 2 608 Eric Herbert
Meeste drieë 46 Nicky Steyn
Eerste wedstryd
Onbekend
Grootste oorwinning
Noord-Vrystaat 74–6 Oos-Vrystaat
Grootste nederlaag
Noord-Vrystaat 0–106 Vrystaat
Unie webwerf
www.griffonsrugby.co.za

Die Griffons (ook bekend as die Noord-Vrystaat Griffons) is 'n provinsiale rugbyspan in Suid-Afrika wat gebaseer is in Welkom. Die Griffons neem jaarliks deel in die Vodacombeker en die Curriebeker se Eerste Afdeling.

Hulle speel in pers, goud en wit klere en hulle tuisveld is die Noordwes-stadion.

Geskiedenis[wysig]

Die Noord-Vrystaatse Rugbyunie is in 1968 gestig toe Danie Craven, destydse president van Suid-Afrikaanse rugby die spel na Suid-Afrika se landelike gebiede wou uitbrei. Die Noord-Vrystaat was een van vier nuwe provinsiale spanne wat in 1968 gestig is.

Met die aanvang van die professionele era in 1996 het die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie onder Louis Luyt besluit om die rugbyunies in Suid-Afrika te herverdeel sodat daar net 14 provinsiale spanne oorbly. Met hierdie herskommeling is die Oos-Vrystaat Rugbybond by die Noord-Vrystaat ingelyf. Sedert 1999 staan die span van die Noord-Vrystaat bekend as die Griffons.

Rekords[wysig]

Alle rekords gemeld geld vir die Noord-Vrystaatse Rugbyunie:[1][2]

  • Wedstrydrekords
    • Meeste punte – Eric Herbert (36 teen Stellaland in 1992 en teen Valke in 1997)
    • Meeste drieue – Piet Maritz (5 teen Suidoos-Transvaal in 1982)
    • Meeste doelskoppe – Eric Herbert (11 teen Stellaland in 1992)
    • Meeste strafdoele – Eric Herbert (9 teen Pumas in 2001)
    • Meeste skepdoele – Eric Herbert (3 teen Vrystaat in 2001)
  • Seisoenrekords
    • Meeste punte – Eric Herbert (263 in 2001)
    • Meeste drieë – Ossie Damons (14 in 2004)
    • Meeste doelskoppe – Eric Herbert (43 in 2001)
    • Meeste strafdoele – Eric Herbert (56 in 2001)
    • Meeste skepdoele – Eric Herbert (10 in 1988)
  • Loopbaanrekords
    • Meeste wedstryde in Griffon-kleure – Eric Herbert (205 van 1986 tot 2001)
    • Meeste drieë – Nicky Steyn (46 van 2008 tot 2014)
    • Meeste punte – Eric Herbert (2608 van 1986 tot 2001)
    • Meeste doelskoppe – Eric Herbert (331)
    • Meeste strafdoele – Eric Herbert (544)
    • Meeste skepdoele – Eric Herbert (66)

Verwysings[wysig]

  1. Bester, André (14 Oktober 2014). “Pers Herbert se kleur”. (html) SupaRugby.com. URL besoek op 25 Oktober 2014.
  2. (en) Griffons – Statistiek”. (html) Supersport: 20 Oktober 2014. URL besoek op 25 Oktober 2014.