Groenkop-kurper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groenkop-kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Cichlidae
Subfamilie: Pseudocrenilabrinae
Genus: Oreochromis
(Günther, 1889)
Spesie: O. macrochir
Binomiale naam
Oreochromis macrochir
(Boulenger, 1912)[1]
Sinonieme
  • Chromys chapmani (Castelnau, 1861)
  • Chromys chapmannii (Castelnau, 1861)
  • Chromys sparmanni (Castelnau, 1861)
  • Loruwiala macrochir (Boulenger, 1912)
  • Oreochromis macrochir macrochir (Boulenger, 1912)
  • Oreochromis microchir (Boulenger, 1912)
  • Sarotherodon macrochir (Boulenger, 1912)
  • Sarotherodon macrochirus (Boulenger, 1912)
  • Tilapia alleni (Fowler, 1931)
  • Tilapia andersonii (non Castelnau, 1861)

Die Groenkop-kurper (Oreochromis macrochir) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kunenerivier, die Okavangorivier, die Kafuerivier en Karibadam. In Engels staan die vis bekend as die Greenhead tilapia.

Voorkoms[wysig]

Die onvolwasse vis is silwer met 8-9 vertikale breë strepe oor die lyf en die vinne is gelerig. Die volwasse vis is olyf tot helder geel aan die bokant, die sye en vinne is gryserig, daar is swart kolle op die kop en die dorsalevin het 'n geel rant met groen kolletjies op die membrane. Broeiende mannetjies is helder groen op die kop en boonste gedeelte van die lyf. Die vis word tot 40 cm lank en die Zimbabwe hengelrekord is 2.6 kg.

Habitat[wysig]

Die vis leef in stil water langs rivier oewers en vloedvlaktes. Hulle vreet mikroskopiese voedsel soos alge, diatome en detritus vanaf die bodem. Die onvolwasse visse leef in vlak, beskermende water en vreet soöplankton en insek larwes. Die vis is mondbroeiers en hulle skiet kuit in die somer.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakel[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]