Groep van Sowjet-magte in Duitsland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Знак ГСВГ.jpg

Groep van Sowjet-magte in Duitsland

Группа советских войск в Германии


Aktiewe jare
26 Maart 1954 - 31 Augustus 1994


Land
Flag of the Soviet Union.svg Sowjetunie


Strydmag

Sowjet-leër

T55 (2).JPG Flugplatz Großenhain-Flugzeugdenkmal MiG-17-B2.jpg

Landmagte • lugmag



Hoofkwartier
Wünsdorf


Militêre betrokkenheid

Stamp Germany 2003 MiNr2342 17. Juni.jpg

17 Junie 1953 (Opstand in DDR)
Praagse Lente


Die Groep van Sowjet-magte in Duitsland (Duits: Gruppe der Sowjetischen Streitkräfte in Deutschland, kort GSSD, Russies: Группа советских войск в Германии, Gruppa sowjetskich wojsk w Germanii) was afdelings van die land- en lugmag van die Sowjet-leër (Rooi Leër) wat tussen 1954 en 1994 in die Sowjet-besettingsone, die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) en die Bondsrepubliek Duitsland gestasioneer was.

Die Sowjet-magte in die DDR was die grootste kontingent van troepe wat ooit deur 'n besettingsmag in die buiteland onderhou is. Vanaf 1988 tot hulle onttrekking in 1994 het hulle amptelik as "Wesgroep van die Troepe" (kort WGT, Russies: Западная группа войск, Sapadnaja gruppa wojsk) bekend gestaan.