Groot Brakrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groot Brakrivier
Ligging van Groot Brakrivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Groot Brakrivier
Groot Brakrivier
Koördinate: 34°02′33″S 22°13′53″O Koördinate: 34°02′33″S 22°13′53″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Munisipaliteit Mosselbaai
Oppervlak
 - Dorp 22,06 km²  (8,5 vk m)
Hoogte 12 m (39 vt)
Bevolking (2011)
 - Dorp 10 619
 - Digtheid 480/km² (1 243,2/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6525
Hoofstraat Brandstraat

Groot Brakrivier is 'n dorp tussen George en Mosselbaai in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is by die N2 nasionale pad langs die Groot Brakrivier.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp Groot Brakrivier het ontstaan toe Charles Searle die kontrak gekry het in 1859 om die eerste tolhek te bedryf wat gebou is om die brug oor die rivier te finansier. Hy het met sy familie na 'n plaas daarnaby getrek en ook 'n winkel geopen. Later het hy en sy familie 'n watermeul, 'n wolwassery, skoen- en stewelfabriek, 'n leerlooiery en 'n houtverwerkingsaanleg opgerig en bestuur. Die skoeisel- en houtverwerkingsaanleg doen nog steeds sake.

Die Groot-Brakrivier[wysig]

Die Groot-Brakrivier ontspring in die Outeniekwaberge en vloei slegs 20 km na die Indiese Oseaan. Die naam is afgelei omrede die laaste gedeelte van die rivier getygebonde is en die water dus sout is.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]