Grootflamink

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Grootflamink
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Phoenicopteriformes
Familie: Phoenicopteridae
Genus: Phoenicopterus
Spesie: P. roseus
Binomiale naam
Phoenicopterus roseus
Pallas, 1811
Sinonieme

Phoenicopterus antiquorum

Die grootflamink is die mees wydverspreide spesie van die flamink-familie, maar migreer slegs in sommige gevalle en dan slegs oor kort afstande. Die voël is nou verwant aan die rooiflamink en die Chileense flamink en somtyds word na die drie as dieselfde spesie verwys.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Soos die naam aandui, is die grootflamink 'n groot voël, met 'n algemene lengte van 120–140 cm. Die meeste van die grootflamink se vere is pienk-wit, maar die binnevlerke is rooi en die primêre en sekondêre vliegvere is swart. Die snawel is pienk met 'n swart punt en die pote is is heeltemal pienk.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Die grootflamink kom voor in verskeie dele van Afrika, Suidwes-Asië (insluitende Turkye), Suidelike-Asië (die kusgebiede van Indië) en Suid-Europa (insluitende Spanje, Siprus, Portugal en die Camargue-gebied van Frankryk).

Voorplanting[wysig | wysig bron]

Die grootflaminkwyfie lê 'n enkele bordkryt-wit eier op 'n ronde modderhopie.

Geluid[wysig | wysig bron]

Die geluid van 'n grootflamink is 'n "honk" geluid wat sterk aan 'n gans s'n herinner.

Ander name[wysig | wysig bron]

  • Engelse naam: Greater Flamingo
  • Wetenskaplike naam: Phoenicopterus roseus

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2008). Phoenicopterus roseus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 17 April 2009.