Grootskub-akkedisvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Grootskub-akkedisvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Cyclosquamata
Orde: Aulopiformes
Familie: Synodontidae
Genus: Saurida
Spesie: S. undosquamis
Binomiale naam
Saurida undosquamis
(J. Richardson, 1848)

Die Grootskub-akkedisvis (Saurida undosquamis) is 'n vis wat voorkom in die gematigde waters van die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooi See tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Largescale lizardfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis se kop en lyf is bruin aan die bokant. Daar is 8-10 dowwe donker vertikale strepe oor die lyf; die strepe strek van die rug tot by die sylyn. Daar is ook 'n ry swart kolle op die voorste rante van die dorsalevin en stertvin se boonste lob. Die vis word tot 53 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef op sanderig en rots bodems in water wat tot 200 m diep is. Hulle vermy strandmere en vreet vis en skaaldiere. Dit is nie 'n gewilde eetvis maar word gebruik as aas.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]