Gryskopgans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gryskopgans
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Anseriformes
Familie: Anatidae
Genus: Chloephaga
Spesie: C. poliocephala
Binomiale naam
Chloephaga poliocephala
Sclater,PL, 1857

Die gryskopgans (Chloephaga poliocephala) is 'n grootgans wat in die bergagtige gebiede van Suid-Amerika voorkom, hoofsaaklik Argentinië, Chili en die Andesbergstreek.

Die mannetjies en wyfies het 'n eenderse veredos en hierdie spesie kan maklik uitgeken word aan sy grys kop en rooi hals en bo-rug, met wit-en-swart gestreepde onderlyf. Gryskopganse kan maklik mak gemaak word.

Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit gras, maar hulle sal ook klein hoeveelhede lêkorrels vir hoenders en eende vreet.

Gryskopganse broei tussen Oktober en Januarie. Hulle bou hul nes op die grond, tussen lang gras waar dit goed weggesteek word. Die wyfie lê vier tot ses eiers wat na 30 dae uitbroei. Die kuikens is self na twee tot drie jaar broeigereed.

Bronnelys[wysig]