Gysmanshoekpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gysmanshoekpas
Plattekloofpas
Ligging Riversdal na Klein Karoo
Oppervlak Grond
In Langeberg

Gysmanshoekpas ook soms die Plattekloofpas genoem, is 'n bergpas oor die Langeberge.

Tot met die opening van die Garciapas in 1879 was die Gysmanshoekpas die enigste pad in die omgewing van Riversdal oor die Langeberge na die Klein Karoo. Op 'n kaart van Burchell uit 1772 word die pas reeds aangedui. Teenswoordig word die pad uitsluitlik gebruik deur die Departement Bosbou. By die ingang van die pas is die bouval van ‘n tolhuis. In 1841 is die pas herbou en effens verlê. Dit is ‘n baie steil pas en loop oor 'n nek bo-op die Kanetberg, suid van die plaas Brandrivier. Ook vanaf die Karoo-kant is die opdraand lank en steil.

Sien ook[wysig]

Koördinate: 33°56′28″S 21°3′10″O