HMS Illustrious

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die HMS Illustrious in 1942.

Die HMS Illustrious was 'n vliegdekskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Luftwaffe se Fliegerkorps X het haar gedurende Januarie 1941 met drie 1,000 kg bomme getref, maar sy het die aanval oorleef weens die pantser op die dek en haar goeie ontwerp.

Tegniese besonderhede[wysig]

Die skip het 23,000 ton water verplaas en was toegerus met sestien 4.5 duim-kanonne en vyftig vliegtuie. Sy was aangedryf deur drie turbines wat 111,000 perdekrag gelewer het met 'n topspoed van 30 knope.

Bron[wysig]