Haarlem, Noord-Holland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Haarlem
Haarlem Spaarne
Haarlem Spaarne
Vlag van Haarlem
Vlag
Wapen van Haarlem
Wapen
Ligging van Haarlem-munisipaliteit in Noord-Holland
Ligging van Haarlem-munisipaliteit in Noord-Holland
Koördinate: 52°23′00″N 4°38′00″O
Land Vlag van Nederland Nederland
Provinsie Flag North-Holland, Netherlands.svg Noord-Holland
Regering
 - Burgemeester Bernt Schneiders (PvdA)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 32,12 km²  (12,4 vk m)
 - Land 29,32 km² (11,3 vk m)
 - Water 2,8 km² (1,1 vk m)
Bevolking (1 Februarie 2012)
 - Munisipaliteit 151 927
 - Digtheid 5 182/km² (13 421,3/vk m)
Poskode 2000-2037, 2063
Skakelkode(s) 023
Webwerf: www.haarlem.nl

Die stad Haarlem is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Noord-Holland en word vir die eerste keer genoem in 'n dokument uit die 10de eeu. In 1245 het die stad regte van Willem II van Holland ontvang. Aan die einde van die Middeleeue het Haarlem een van die belangrikste stede van Holland geword. Gedurende die vroegmoderne tyd ontwikkel die stad op industriële gebied as 'n tekstiel stad en kulturele gebied vir die skilderkuns.

Tans het die munisipaliteit ongeveer 152 000 inwoners (2012). Onlangs is Haarlem is tot die beste winkelstad van Nederland verkies.

Op die sentrale plein, die Grote Markt, staan die standbeeld van Laurens Janszoon Coster die uitvinder van die boekdrukkuns wat 'n boek in sy hande hou. Die water van die Spaarnerivier wat reeds eeue lank deur Haarlem stroom is al deur menige sanger en digter in hulle werk genoem. Onder andere die Haarlemse sanger Boudewijn de Groot en die ander wat onder die skuilnaam Wilfried 'n CD vrygestel het, sing albei oor die mooi rivier.

'n Entjie van die Grote Markt is Barteljorisstraat. Die winkel van Horlogerie Ten Boom staan nog steeds in die straat. Die Ten Boom gesin het baie Jode gehelp deur hulle in hul huis in te neem gedurende die Tweede Wêreldoorlog.