Haarlem, Wes-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die artikel is oor die plek in die Wes-Kaap, vir ander gebruike, sien Haarlem.
Haarlem
Ligging van Haarlem op 'n kaart (Wes-Kaap)
Haarlem
Haarlem
Koördinate: 33°44′0″S 23°19′0″O Koördinate: 33°44′0″S 23°19′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit George
Oppervlak
 - Stad 2,59 km²  (1 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 2 343
Tydsone SAST (UTC+2)

Haarlem in die Langkloof lê oos van Uniondale en 16km oos van Avontuur op die R62 in die rigting van Joubertina en Port Elizabeth. Dit is langs die Jordaanrivier geleë wat van die suide uit die Langkloofberge vloei met die Kougaberge in die noorde.

J.C. Taute het in 1856 probeer om ‘n dorp vir blankes daar te stig. In 1860 koop die Berlynse Sendinggenootskap dit en plaas eerw. Friedrich Prietsch in beheer. ‘n Poging om die naam na Anhalt-Schmidt te verander misluk.

Die grond was 3vk. km groot. Dit is wyd uitgelê vir die verwagte toeloop van bewoners. Met die Kaapkolonie se sensus in 1891 was daar maar 550 inwoners. Tans staan die inwonertal op nagenoeg 1 500 en is daar ‘n paar dosyn huise. In die apartheidsjare was dit ‘n groepsgebied vir Kleurlinge.

Die besondere Lutherse kerk is in 1880 gebou op die inisiatief van eerw. Heinrich Howe en eerw. Christoph Markötter.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]