Handvashou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Handvashou (ook handevat) toon fisieke intimiteit tussen twee of meer mense. Dit kan romanties van aard wees, of nie.

'n Paartjie hou hande vas
George W. Bush en Koning Abdullah van Saoedi Arabië se handvashou het die VSA ontstig.

Of vriende handvashou hang van kultuur en geslag af: in die Westerse kultuur word dit hoofsaaklik beoefen deur vroue en kindertjies (soms om beheer uit te oefen), egpare en romantiese paartjies. In Arabiese lande, Afrika en sekere dele van Suid-Asië hou ook mans en/of seuns as teken van vriendskap en/of respek mekaar se hande vas. Dit is 'n redelik algemene gesig in die Weste vir tienermeisies om vriendskaplik mekaar se hande vas te hou, maar nie soseer onder tienerseuns nie.

Hierdie gebruik onder mans kan ongemak onder gemeenskappe veroorsaak wat nie daaraan gewoond is nie, soos onder die Amerikaners toe oudpresident George Bush en die destydse Kroonprins Abdullah van Saoedi-Arabië in die openbaar mekaar se hande vasgehou het.

Mense hou mekaar se hande was, of neem 'n ander se hand in syne/hare om die volgende redes:

  • in verskeie rituele
  • handdruk
  • tydens sekere godsdiensgebruike, om te bid
  • tydens verskeie godsdienstige rituele
Vriendskap of liefde?
  • om vriendskap of liefde uit te druk
  • om fisieke intimiteit te geniet (nie noodwendig eroties van aard nie)
  • om emosionele steun
  • leiding ('n kind, blinde, in donkerte, ens.)
  • aandrang om te volg
  • om bymekaar te hou (binne 'n skare of in duisternis)
  • om ander te help om te loop, staan of op te klim
  • om samehorigheid te toon
  • om te dans
  • om jou balans te hou
  • om arm te druk
  • om veiligheid wanneer die straat oorgesteek word
  • tydens valskermspring
  • om reddingspogings, om iemand na veiligheid te trek
  • om 'n hand se vorm of grootte met 'n ander s'n te vergelyk
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Handvashou (kategorie)