Harald I van Denemarke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Harald Bloutand
Koning van Denemarke en Noorweë
Harald word gedoop, omstreeks 960.
Harald word gedoop, omstreeks 960.
Huis Jelling
Titel Koning van Denemarke
Regeer 958985/986
Voorganger Gorm die Oue
Opvolger Sven Vurkbaard
Titel Koning van Noorweë
Regeer 970985/986
Voorganger Harald II
Opvolger Sven Vurkbaard
Oorlede 985/986
Eggenote Gyrid Olafsdottir
Thora
Kinders Thyra Haraldsdatter
Sven Vurkbaard
Haakon
Gunhilde
Die ryk van Harald Bloutand.
Rune-stene van Gorm en Harald.
Die rune-steen van Harald.

Harald 'Bloutand' Gormsson (Oud-Noors: Haraldr blátönn Gormsson, Deens: Harald Blåtand Gormsen; gebore omstreeks 935) was die seun van koning Gorm die Oue en Thyra Dannebod. Hy is in 985 of 986 dood nadat hy van omstreeks 958 as koning van Denemarke regeer het en vir ’n paar jaar rondom 970 as koning van Noorweë. Volgens sommige bronne het sy seun Sven Vurkbaard hom van die troon gedwing.

Die Jelling-stene[wysig]

Harald het die Jelling-stene laat oprig ter ere van sy ouers.[1] Encyclopedia Britannica beskou die rune-inskrifte as die bekendstes in Denemarke.[2] Die biografie van Harald Bloutand kan opgesom word in die inskrifte op die Jelling-stene:

Cquote1.svg Harald, koning, het hierdie gedenkstene laat maak vir Gorm, sy vader, en Thyra, sy moeder; die Harald wat die hele Denemarke en Noorweë oorwin het en die Dene die Christendom laat aanneem het.
Cquote2.svg

Bewind[wysig]

Harald se bydrae tot die kerstening van die Dene is ietwat omstrede. Feit is egter dat hy wel bekeer is. Daarna, in die 960's, het hy sy pa, Gorm, se liggaam laat herbegrawe in die kerk wat hy langs die leë grafheuwel laat bou het en die nou beroemde Jelling-stene laat maak.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [3]
  1. [1]C. Michael Hogan, "Jelling Stones", Megalithic Portal, red. Andy Burnham
  2. [2] Encyclopædia Britannica

Eksterne skakels[wysig]

Monarge van Denemarke
Vroeë monarge  HartaknoetGorm die OueHarald BloutandSven VurkbaardHarald IIKnoet die GroteHartaknoetMagnus die GoeieSven IIHarald IIIKnoet die HeiligeOlaf IErik INielsErik IIErik LamSven III / Knoet V / Waldemar die GroteKnoet VIWaldemar die SeëvierendeErik IVAbelChristoffel IErik VErik VIChristoffel IIWaldemar IIIChristoffel IIInterregnumWaldemar AtterdagOlaf IIMargrethe I
Palts-Neumarkt  Erik van PommereChristoffel van Beiere
Oldenburg  Christiaan IHansChristiaan IIFrederik IChristiaan IIIFrederik IIChristiaan IVFrederik IIIChristiaan VFrederik IVChristiaan VIFrederik VChristiaan VIIFrederik VIChristiaan VIIIFrederik VII
Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg  Christiaan IXFrederik VIIIChristiaan XFrederik IXMargrethe II