Harrismith

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Harrismith
Uitsig oor Harrismith
Uitsig oor Harrismith
Ligging van Harrismith op 'n kaart (Vrystaat)
Harrismith
Harrismith
 Harrismith se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°17′0″S 29°8′0″O Koördinate: 28°17′0″S 29°8′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Thabo Mofutsanyane
Munisipaliteit Maluti-a-Phofung
Stigting 1849
Regering
 - Tipe Deel van plaaslike munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 138,80 km²  (53,6 vk m)
Hoogte 1 630 m (5 348 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 27 869
 - Digtheid 201/km² (520,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 87.1%
 • Kleurling 0.8%
 • Indiër/Asiër 1.3%
 • Blank 10.7%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Zoeloe 49.4%
 • Sotho 32.6%
 • Afrikaans 10.4%
 • Engels 3.7%
 • Ander 3.8%
Poskode (straat) 9880
Poskode (posbus) 9880
Skakelkode(s) 058
Webwerf: harrismith.com
Straattoneel in Harrismith
Platberg na 'n donderstorm
Die NG kerk Kerkenberg, Harrismith se tweede NG gemeente naas die moedergemeente.

Harrismith is ‘n Oos-Vrystaatse dorp geleë aan die N3 hoofroete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal. Die N5 nasionale pad na en van Winburg begin ook hier.

Geskiedenis[wysig]

Nadat Sir Harry Smith die Voortrekkers by Boomplaats verslaan het, het hy gevoel dat 'n nuwe distrik verder noord gestig moes word om beheer oor die Voortrekkers te hou. 'n Dorp is by Majoorsdrif in die Elandsrivier aangelê en Vrededorp genoem. Die drif was reeds die spilpunt van verkeer na en van Johannesburg en Durban. Dié dorp het 25 km wes gelê van die bestaande dorp. Weens 'n gebrek aan water moes die dorp verskuif word. Die plaas Gemsbokhoek van Jan Snyman aan die oewer van die Wilgerivier, aan die voet van die Platberg, is gekies as die plek waar die nuwe dorp uitgelê moes word. Inwoners van Vrededorp kon gratis erwe in die nuwe dorp kies. Landdros Paul Bester het die nuwe dorp vernoem na Sir Harry Smith. Die eerste erwe is op 16 Januarie 1850 verkoop en die dorp het in 1875 'n munisipaliteit geword.

Ná die ontdekking van diamante te Kimberley het minstens 50 waens per dag deur die dorp beweeg. Die ontdekking van goud in die Witwatersrand het dié aantal verhoog. Die spoorlyn tussen Durban en Johannesburg is eers in 1905 voltooi.

Distrik[wysig]

Die distrik is 8 000 km2 groot en lewer suiwelprodukte, bees-, skaap- en wildsvleis, koring, mielies en aartappels. Die gebied is ook bekend vir sy perdestoetplase. Daar is verskeie vervaardigingsnywerhede op die dorp.

Platberg[wysig]

Die Platberg ('n berg net buite die dorp en 2 395m bo seevlak) is bekend om die jaarlikse bergmarathon op 10 Oktober. Die roete behels 'n klim van 605 m oor 'n afstand van 5 km tot op die kruin van Platberg, 'n ent met die kruin langs en weer af teen die berg.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Harrismith”. Sensus 2011.