Heilbron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Moenie Heilbron in die Vrystaat met Heilbronn in Duitsland verwar nie.
Heilbron
Ligging van Heilbron op 'n kaart (Vrystaat)
Heilbron
Heilbron
Koördinate: 27°17′1″S 27°58′15″O Koördinate: 27°17′1″S 27°58′15″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Fezile Dabi
Plaaslike Munisipaliteit Ngwathe
Stigting 1872
Oppervlak
 - Stad 20,24 km²  (7,8 vk m)
Hoogte 1 577 m (5 174 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 9 652
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9650
Skakelkode(s) +27 (0) 58
Webwerf: http://www.heilbron.info/

Heilbron is 'n dorp in die noord-ooste van die Vrystaat, in Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

In 1872 is die plaas Rietfontein aangekoop waarop 'n nuwe dorp uitgelê is. Erwe is in dieselfde jaar verkoop. Die dorp het sy naam van die sterk warmwaterbron daar naby verkry. Munisipale status is in 1890 toegeken. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Heilbron die hoofstad van die Vrystaat toe President MT Steyn sy hoofkwartier daar gehad het. Toe die Britte die dorpie daarna beset het, het die regering na 'n koppie tussen Heilbron en Frankfort verskuif. Die koppie staan vandag nog bekend as Presidentkoppie.

Distrik[wysig]

Die distrik is 3 580 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen - mielies, koring, sorghum, sonneblomsaad, vee en suiwel. Vegkop, waar die Slag van Vegkop plaasgeving het, lê 25 km suid van die dorp.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]