Heinz Winckler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Heinz Winckler
Winckler, Heinz (Canon) 2.jpg
Heinz Winckler in 2007
Geboortenaam Heinz Carl Heinrich Winckler
Beroep(e) Sanger
Instrument(e) Sing, kitaar
Webwerf http://www.heinzw.co.za
Last.fm http://www.heinzw.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Heinz Carl Heinrich Winckler (gebore 22 Maart 1978) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en wenner van Suid-Afrika se eerste Idols-TV-program. Sy eerste Afrikaanse album, Ek Kan Weer In Liefde Glo, is in 2009 uitgereik.

Heinz is op Stellenbosch gebore as die oudste van drie kinders. Hy het regte gestudeer aan die Universiteit Stellenbosch. Nadat hy Idols gewen het, het hy sy studies opgeskop vir sy musiekloopbaan. Hy is getroud met Aletté-Johanni en hul eersteling, Lian Theo, is op 23 Mei 2010 gebore.[1]

Idols[wysig]

Idols was die Suid-Afrikaanse weergawe van die Britse Pop Idol-program, en is aangebied as 'n talentkompetisie waar deelnemers voortdurend uitgeskakel word om die aantal deelnemers te verminder. Tydens die program is na Winckler verwys as "Hunky Heinz".

Liedjies gesing op Idols[wysig]

  • Oudisie: I'm a Believer van Smashmouth
  • Top-50: Drops of Jupiter (Tell Me), van Train
  • Top-11: I Don't Wanna Miss a Thing, van Aerosmith
  • Top-8: Higher, van Creed
  • Top-6: Shallow Waters
  • Top-4: Every Breath You Take, van Sting
  • Top-4: Soledad, van Westlife
  • Eindronde: Once in a Lifetime; Drops of Jupiter (Tell Me), van Train; Soledad, van Westlife

Loopbaan na Idols[wysig]

Winckler se debuut-enkel, Once in a lifetime, behaal dubbelplatinum in Suid-Afrika. Sy daaropvolgende debuutalbum, One step closer, sluit die liedjie in asook Soledad, 'n "cover" van die Westlife-lied wat hy tydens Idols opgevoer het, en Next stop happiness, wat ook later as 'n enkel uitgereik is.

Diskografie[wysig]

Winckler, Heinz (Canon).jpg

Albums[wysig]

  • Idols: The Album (2002)
  • One Step Closer (November 2002)
  • Come Alive (September 2004)
  • Moment Of Truth (September 2006)
  • Live In Concert - The DVD
  • Ek Kan Weer In Liefde Glo, 2009 SELECT[2]
  • 24/7/365 (2011)

Enkelspelers[wysig]

  • Once In A Lifetime (Junie 2002)
  • Next Stop Hapiness (Maart 2004)
  • One Step Closer
  • The Way It Is
  • Can’t Lose With You
  • Drowning Me
  • Only For You
  • Thank You
  • Another Day
  • Love's Supposed To Be

Verwysings[wysig]

  1. Wincklers se klein Idol is ’n knewel, Die Burger, 25 Mei 2010. URL besoek op 25 Mei 2010
  2. Vetseun.co.za, besoek op 13 Maart 2010.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]