Henley-on-Klip

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Henley-on-Klip
Naambord voor die dorp
Naambord voor die dorp
Ligging van Henley-on-Klip op 'n kaart (Gauteng)
Henley-on-Klip
Henley-on-Klip
 Henley-on-Klip se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°32′7″S 28°3′40″O Koördinate: 26°32′7″S 28°3′40″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Distrik Sedibeng
Munisipaliteit Midvaal
Stigting 1904
Oppervlak[1]
 - Dorp 11,37 km²  (4,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 5 874
 - Digtheid 517/km² (1 339/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 40.2%
 • Kleurling 2.4%
 • Indiër/Asiër 1.5%
 • Blank 55.6%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Engels 41.9%
 • Afrikaans 27.9%
 • Zoeloe 9.8%
 • Sotho 7.8%
 • Ander 12.6%
Poskode (straat) 1961
Poskode (posbus) 1962
Skakelkode(s) 016

Henley-on-Klip is 'n nedersetting in Gauteng, Suid-Afrika. Die dorpie is net noordoos van Meyerton langs die Kliprivier geleë. Die "Bass Lake" in Henley-on-Klip is 'n gewilde bestemming vir skubaduikers.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1904 gestig, deur advokaat Horace Kent. Kent is in 1855 in Henley on Thames, Engeland, gebore en het in 1898 na Suid-Afrika gekom. Die gebied waar Henley-on-Klip geleë is, het Kent aan sy tuisdorp herinner. In samewerking met die Small Farms Company (SFC) het Kent die grond van 410 morg in 1903 gekoop van ene mnr. C.J. van Der Westhuizen, vir 'n prys van 5000 pond.

In 1904 het die Small Farms Company besluit om die Kliprivier op te dam sodat regattas op die rivier gehou kan word. Die konstruksie van 'n keerwal op die rivier het in Januarie 1904 begin, en in Maart 1905 is die wal voltooi.

Die Henley-on-Klip Hotel is in 1904 gebou en op 24 Mei 1905 vir die publiek geopen. Die Henley-roeiklub en die Henley-gholfbaan is ook in hierdie tyd gebou. Die gholfbaan is aan beide kante van die rivier uitgelê, en spelers moes die rivier per boot oorsteek. Roeibote is beskikbaar gestel, en 'n opsigter is aangestel om die roeibote aan die publiek uit te verhuur.

Op 28 Januarie 1970 het 'n skoolbus op die spoorlyn gaan staan en is deur 'n pos-trein in stukke geruk. Van die 42 kinders op die bus is 23 dood en 16 ernstig beseer. Twee het ongedeerd daarvan afgekom. Die busbestuurder, ene mnr. Koekemoer, is nie beseer nie.[2]

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Henley-on-Klip (kategorie)

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Subplek Henley-on-Klip tydens die 2011-sensus.
  2. ’n Roudiens en ‘die lewe gaan aan’, Beeld, 1 Februarie 2010