Hennenman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hennenman
Ligging van Hennenman op 'n kaart (Vrystaat)
Hennenman
Hennenman
Ligging van Hennenman op 'n kaart (Suid-Afrika)
Hennenman
Hennenman
Koördinate: 27°58′0″S 27°2′0″O Koördinate: 27°58′0″S 27°2′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Lejweleputswa
Plaaslike Munisipaliteit Matjhabeng
Oppervlak
 - Dorp 5,92 km²  (2,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 3 793
 - Digtheid 640/km² (1 657,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9445
Skakelkode(s) 057

Hennenman is 'n klein dorpie tussen Welkom en Kroonstad, in die Lejweleputswa Distriksmunisipaliteit van die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Binne die distrik is die dorp ongewoon deurdat sy ekonomie hoofsaaklik op landbou gegrond is pleks van op goud, maar dit is tog deel van die Vrystaatse Goudveld. Die dorp, wat aanvanklik uit 'n spoorwegstasie ontwikkel het, was voorheen bekend as Ventersburg Road. Die rede hiervoor was dat Hennenman gedien het as 'n spoorhoof vir Ventersburg wat 18 km verder oos geleë is. Op 'n vergadering op 25 Mei 1927 is die naam verander na Hennenman toe 'n vooraanstaande plaaslike boer vernoem is. Hy was P.F. Hennenman van die plaas Swartpan wat hom in 1860 hier gevestig het. Op 5 Desember 2000 is Hennenman geïnkorporeer in die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, wat die stad Welkom en die dorpe Allanridge, Odendaalsrus, Ventersburg en Virginia insluit.

Voor en tydens die apartheidsjare, het swartmense 'n afsonderlike gebied in die suidelike deel van Hennenman bewoon, wat in 1944 uitgelê is. In 1952 is hierdie huise egter gesloop deur die apartheidregering weens hul nabyheid aan die wit gebiede. Die inwoners is onder dwang verskuif na 'n nuwe woonarea 15 km van Hennenman, ironies genaamd Vergenoeg. Die naam van hierdie woongebied is later verander na Phomolong.

Distrik[wysig]

Die distrik is 598 km2 groot en is in 1963 geproklameer. Mielies is die belangrikste landbouproduk. Na die ontdekking van kalksteen is twee sementfabrieke hier ontwikkel, waarvan een by Whites is.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Hoofplek Hennenman tydens die 2011-Sensus.