Henryk Sienkiewicz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Henryk Sienkiewicz
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Henryk Adam Aleksander Pius Sienkiewicz
Gebore 5 Mei 1846
Wola Okrzejska, Kongres-Pole
Oorlede 15 November 1916
Vevey, Switserland
Nasionaliteit Vlag van Pole Pole
Beroep Romanskrywer
Bekend vir Janko Muzykant
Ogniem i mieczem
Potop
Pan Wołodyjowski
Quo vadis
Krzyżacy
W pustyni i w puszczy
Eerbewyse Nobelprys vir Letterkunde (1905)
Signature of Henryk Sienkiewicz.jpg

Henryk Adam Aleksander Pius Oszyk-Sienkiewicz (5 Mei 1846 - 15 November 1916) was 'n Poolse romanskrywer, een van die mees uitstaande skrywers van die tweede helfte van die 19de eeu, en die eerste Poolse wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1905.

Kort biografie[wysig]

Hy is gebore in Wola Okrzejska, 'n dorp in die toe-Russies-beheerde Pole. Hy was sterk polities geïnspireer en het met historiese romans die dapper dade van Poolse helde van die 17de eeu beskryf. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hy hom bevind in Switserland en het hy ook daar gesterf, en is daar begrawe.

Bibliografie[wysig]

Sy mees belangrike romans was:

  • Trylogia (Die trilogie), wat bestaan het uit:
    • Ogniem i mieczem (Met vuur en swaard) - 1884,
    • Potop (Die vloed) - 1886,
    • Pan Wołodyjowski (ook bekend as "Vuur in die Steppe") - 1888.
  • Bez dogmatu (Sonder dogma) - 1891,
  • Rodzina Połanieckich (Die Połaniecki-familie) - 1894,
  • Quo Vadis - 1895,
  • Krzyżacy (Die ridders van die Kruis) - 1900,
  • W pustyni i w puszczy (In woestyn en wildernis) - 1912.

Eksterne skakels[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.