Heraklonas van Bisantium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Heraklonas
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Heraklonas, sy pa en broer uitbeeld.
’n Muntstuk wat Heraklonas, sy pa en broer uitbeeld.
Bewind Februarie-September 641
Volle naam Constantinus Heraclonas
Dinastie Herakleios
Oorlede 641
Voorganger Konstantyn III Herakleios
Opvolger Constans II
Vader Herakleios
Moeder Martina

Heraklonas (Latyn: Constantinus Heraclius, Grieks: Κωνσταντῖνος Ἡράκλειος; oorl. 641) was kortliks van Februarie tot September 641 die Bisantynse keiser. Hy was die seun van keiser Herakleios en sy niggie Martina.

Hy is gebore en het regeer as Constantinus Heraclius, maar die verkleiningsvorm Heraklonas (klein Herakleios) word in Bisantynse en moderne geskrifte gebruik.

Teen die einde van Herakleios se bewind, op 4 Julie 638, het hy Heraklonas tot medekeiser verklaar saam met sy halfbroer, Konstantyn III. Konstantyn het hul pa opgevolg en ná sy voortydige dood in Mei 641 was Heraklonas die alleenheerser. Maar gerugte dat sy ma, Martina, Konstantyn vergiftig het, het daartoe gelei dat laasgenoemde se seun Constans as medekeiser aangestel is. Martina en haar seuns is daarna afgesit, vermink en verban. Constans II het toe alleenheerser geword.

Niks verder is van Heraklonas bekend nie, maar daar word vermoed dat hy later in die jaar van sy afsetting dood is.

Bron[wysig]

  • The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.
Keisers van die Bisantynse Ryk
Palaiologos-Dynasty-Eagle.svg
Konstantyn die GroteConstantius IIConstans IJulianusJovianusValentinianus IValensGratianusTheodosius IArcadiusTheodosius IIMarcianusLeo ILeo IIZenoBasiliscusAnatasius IJustinus IJustinianus IJustinus IITiberius IIMauriciusPhokasHerakleiosKonstantyn IIIHeraklonasConstans IIKonstantyn IVJustinianus IILeontiosTiberius IIIJustinianus IIPhilippikosAnastasius IITheodosius IIILeo IIIKonstantyn VArtabasdosLeo IVKonstantyn VIIreneNikephoros IStaurakiosMichael ILeo VMichael IITheophilusMichael IIIBasilius ILeo VIAlexanderKonstantyn VIIRomanos IRomanos IINikephoros IIJohannes IBasilius IIKonstantyn VIIIZoëRomanos IIIMichael IVMichael VTheodoraKonstantyn IXMichael VIIsak IKonstantyn XMichael VIIRomanos IVNikephoros IIIAlexios IJohannes IIManuel IAlexios IIAndronikos IIsak IIAlexios IIIIsak IIAlexios IVAlexios VTheodoros IJohannes IIITheodoros IIJohannes IVMichael VIIIAndronikos IIAndronikos IIIJohannes VJohannes VIAndronikos IVJohannes VJohannes VIIJohannes VManuel IIJohannes VIIIKonstantyn XI