Hertz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligte wat teen verskillende frekwensies flikker. Die frekwensie neem toe van 0,5 Hz tot 2 Hz.

Die hertz is die SI-eenheid vir die meting van frekwensie en word afgekort as Hz. As 'n periodiese verskynsel homself teen een keer per sekonde herhaal, dan het hy 'n frekwensie van een hertz. Die eenheid is na die Duitse fisikus Heinrich Hertz vernoem.