Hillsborough-kasteel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die amptelike ingang van Hillsborough-kasteel.

Hillsborough-kasteel is ’n amptelike regeringswoning in Noord-Ierland. Dit is die tuiste van die Britse staatsekretaris vir Noord-Ierland,[1] en die amptelike woning van koningin Elizabeth II en ander lede van die koninklike familie wanneer hulle die land besoek. Dit is ook ’n gastehuis vir belangrike buitelandse besoekers. In 2003 het pres. George W. Bush van die VSA daar gebly.

Hillsborough-kasteel, wat in Hillsborough in die graafskap Down geleë is, is nie ’n regte kasteel nie. Dit is ’n Georgiaanse huis wat in die 18de eeu vir die Hill-familie gebou is. Hulle het dit tot in 1922 besit en dit daarna aan die Britse regering verkoop.[2]

’n Presedent is geskep vir ’n regeringswoning toe die staatsekretaris vir Noord-Ierland rondom 2000, Peter Mandelson, tydens sy ampstermyn met koninklike toestemming daar gebly het saam met sy gay lewensmaat. Sy voorganger, Mo Mowlam, het self ’n presedent geskep toe sy die groot terrein van die kasteel vir die publiek oopgestel het. Voorheen is dit nie gedoen nie uit vrees vir ’n terroriste-aanval.

Verwysings[wysig]

  1. "Hillsborough Castle and Gardens". Tourism Ireland. URL besoek op 27 Desember 2009
  2. "Virtual Tour Hillsborough Castle"
Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis