Hipotrogoïed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Hipotrogoïed is 'n roulette afgetrek deur 'n punt op 'n sirkel met straal r wat aan die binnekant van 'n stilstaande sirkel met radius R rol, waar die punt 'n afstand d van die middelpunt van die binneste sirkel is.

Die parametriese vergelykings vir 'n Hipotrogoïed is:

x = (R - r)\cos\theta + d\cos\left({R - r \over r}\theta\right)
y = (R - r)\sin\theta - d\sin\left({R - r \over r}\theta\right)

Spesiale gevalle sluit die hiposikloïed in waar d = r en die ellips met R = 2r.

Die klassieke Spirograph speelgoed trek Hipotrogoïede kurwes.

Kyk ook: epitrogoïed