Hispaniola

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hispaniola
Inheemse naam: La Española, Kiskeya / Quisqueya, Ispayola
Kaart van Hispaniola met Haïti en die Dominikaanse Republiek
Kaart van Hispaniola met Haïti en die Dominikaanse Republiek
Geografie
Ligging Karibiese See
Koördinate 19°09′N 70°40′W
Argipel Groot Antille
Oppervlak 76 480 vk km
Hoogste punt Pico Duarte 3 175 m
Administrasie
Vlag van Haïti Haïti
Hoofstad Port-au-Prince
Grootste stad Port-au-Prince (1 275 000)
Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek
Hoofstad Santo Domingo
Grootste stad Santo Domingo (2 987 013)
Demografie
Bevolking 18 943 000
Die wêreld se 22ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van die Groot Antille
Ligging van Hispaniola in die Groot Antille
Kaart van Hispaniola

Hispaniola (Spaans: La Española, die Spaanse; Taíno: Kiskeya / Quisqueya; Kreol: Ispayola) is ná Kuba die tweede grootste eiland van die Groot Antille tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide en beheer die twee lande Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste. Die eiland lê in die suide van die Turks- en Caicos-eilande, in die suidooste van die Bahamas, in die ooste van Kuba, in die noordooste van Jamaika en in die weste van Puerto Rico. Hispaniola is op 5 Desember 1492 deur Christophorus Columbus vir Spanje ontdek en in besit geneem. Die eiland het 'n bevolking van 18 943 000 in 2005 gehad en het 'n oppervlakte van 76 480 km². Hispaniola is veral bekend as eerste Europese kolonie in Amerikas en die oudste Europese nedersettings, wat nou Santo Domingo is.