Hokkaido

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hokkaidō
Hokkaidō-eiland, Japan
Hokkaidō-eiland, Japan
Geografie
Ligging Oos-Asië
Argipel Japannese Argipel
Oppervlak 83 454 km²
Hoogste punt Asahidake 2 290 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan
Subprefekture
Grootste stad Sapporo (1 890 561)
Demografie
Bevolking 5 507 456
Bevolkingsgroepe Japannese
Die wêreld se 21ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Japan

(北海道? letterlik "Noordsee Weg", Ainu: Ainu Mosir), voorheen bekend as Ezo, Yezo, Yeso, of Yesso, is Japan se tweede grootste eiland en die mees noordelike van die 47 Prefekture van Japan. Dit word deur die Tsugaru-seestraat van Honsjoe, die Japanse hoofeiland, geskei. Intussen word die twee eilande egter deur 'n onderwatertonnel, die Seikan-tonnel, met mekaar verbind.

Vlag van die Hokkaido-prefektuur

As die Noordelike Gebiede - eilande noord van Hokkaido - ingereken word, beslaan die eiland met sowat 83 500 km² 'n vyfde van Japan se oppervlakte. Sapporo is die hoofstad en belangrikste stedelike gebied.

Alhoewel Hokkaido slegs anderhalf vlieguur noord van die Japanse hoofstad Tokio geleë is, word na die yl bevolkte eiland (sy 5,5 miljoen inwoners verteenwoordig minder as vyf persent van Japan se algehele bevolking) met sy ongerepte woude en wildernis dikwels as Japan se "laaste grens" verwys.