Hottentots-Hollandberge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Hottentots Hollandberge)
Spring na: navigasie, soek
Die Hottentots Hollandberge met Sir Lowry's-pas.

Die Hottentots-Hollandberge is in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit begin aan die noordooste van Valsbaai, net suid van Gordonsbaai en strek noordoos. Sir Lowryspas (N2) loop oor die berg. Die Steenbrasdam is ook in die berge. Die berg skei Kaapstad van die Overberg.