Hull, Quebec

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sononder in Hull, soos gesien vanuit Ottawa

Hull was 'n Kanadese stad in die metropolitaanse gebied van Ottawa (Région de la Capitale Nationale), aan Quebec se oewer van die Rivière des Outaouais (Ottawarivier).

Hull is rondom 1800 deur die Amerikaner Wright gestig en het later een van die vernaamste verskaffers van hout vir die skeepsbou in die Britse Ryk geword. In 2001 is Hull ingelyf by Gatineau ingelyf.

Die vernaamste nywerhede is - naas die papiervervaardiging - saagmeulens. Een van die belangrikste besienswaardighede is die Musée canadien des civilisations. Die Écomusée (museum) behandel ekologiese vraagstukke. Die Université du Québec en Outaouais is die belangrikste tersiêre instelling. Volgens die sensus van 2001 het Hull 63 000 inwoners.