Humansdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Humansdorp
Humansdorp se spoorwegstasie
Humansdorp se spoorwegstasie
Ligging van Humansdorp op 'n kaart (Oos-Kaap)
Humansdorp
Humansdorp
Ligging van Humansdorp op 'n kaart (Suid-Afrika)
Humansdorp
Humansdorp
Koördinate: 34°02′0″S 24°46′0″O Koördinate: 34°02′0″S 24°46′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Kouga
Oppervlak
 - Dorp 34,5 km²  (13,3 vk m)
Hoogte 120 m (380 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 28 990
 - Digtheid 840/km² (2 175,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6300
Skakelkode(s) 042
Die kerkgebou van die NG gemeente Humansdorp.
Die museum op Humansdorp.

Humansdorp is 'n landelike dorp in die westelike gedeelte van die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Humansdorp lê op ongeveer 4 kilometer afstand van die belangrike N2 nasionale pad tussen George en Port Elizabeth. Die dorp vorm deel van die Kouga Munisipaliteit wat Jeffreysbaai, Patensie, Hankey, St. Francisbaai en Oesterbaai insluit.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp se ontstaan kan terugvoer word na die stiging van die NG Gemeente Humansdorp in 1849 van die NG Gemeente Uitenhage. M.G. Human het in latere jare 'n stuk grond aan die Kerkraad van die NG Gemeente Humansdorp geskenk waarop dorpserwe uitgelê is in 1853. Aanvanklik was die kerkgebou van die nuwe gemeente opgerig te Kerkplaas in die distrik. Met die ontwikkeling van die dorpserwe het die kerkgebou geskuif na die nuwe dorp wat knus ontwikkel het naby die Kromrivier.

Ligging en afstande[wysig]

Humansdorp is baie strategies geleë, slegs 15 km van die bekende branderplankmekka Jeffreysbaai.

Afstande vanaf Humansdorp
Plek Padafstand
1. Port Elizabeth 90 km
2. Groot Stormsrivierbrug 70 km
3. Kareedouw 60 km
4. Patensie 45 km
5. Jeffreysbaai 15 km
6. St. Francisbaai 15 km
7. Kaap St. Francis 20 km
8. Oesterbaai 26 km

Landboubedrywighede[wysig]

Vandag is Humansdorp die hartklop van die Kougastreek. Daar kan tereg verwys word na die streek as die "melkspens" van Suid-Afrika. Die Woodlands-melkery se aanleg is in die nywerheidsgebied, Panorama, geleë. Humansdorp is ook die sentrale punt van landboubedrywighede vir die nabye distrikte van die Gamtoosvallei, Langkloof en Tsitsikamma. Die Humansdorp Koöperasie is ook op die dorp geleë, met 'n ryk geskiedenis van diens aan die landbougemeenskap.

Skole en hospitale[wysig]

Die dorp beskik oor 'n hele aantal skole ondermeer die Laerskool Stulting, Graslaagte, Kruisfontein en Mzingizi. Die Hoërskole van Humansdorp is Nico Malan, Humansdorp Sekondêr en Lungiso. Die eerste vennootskapshospitaal in die Oos-Kaap was ook in 2005 op Humansdorp gevestig. Die vennootskap tussen die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid en die Life-Hospitaalgroep het gelei tot die Kouga Vennootskapshospitaal wat uit twee afdelings bestaan, naamlik die Humansdorp Provinsiale (Staats-) Hospitaal en die Isivivana Privaat Hospitaal[2].

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Som van die Hoofplekke Humansdorp en KwaNomzamo tydens 2011-sensus.
  2. Hospitaal se webtuiste {en:}
  • Steyn, M. (1989). Honderd en Vyftig Jaar. Feesblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Humansdorp, Humansdorp: NMB