Humphrey Bogart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Humphrey Bogart
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bogart in Casablanca (1942)

Naam Humphrey DeForest Bogart
Geboorte 25 Desember 1899
New York Stad, NY, (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Sterfte 14 Januarie 1957
Los Angeles, CA, (VSA)
Beroep(e) Akteur
Noemenswaardige
rolprent(e)
Casablanca
Amptelike
webwerf
http://www.humphreybogart.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Humphrey Bogart ( 18991957) was 'n Amerikaanse akteur en kulturele ikoon. In 1997 het die tydskrif Entertainment Weekly hom as die voorste rolprentlegende van aller tye gekroon en 1999 is hy deur die American Film Institute as geweldigste manlike ster aangewys.

Bogart is in New York gebore as die seun van 'n sjirurg uit Manhattan en 'n illustreerder: sy ouers was van Nederlandse afkoms. Hy is na die Phillips-akadamie in Andover gestuur om hom voor te berei op 'n loopbaan in medisyne, maar is uit die skool geskors. Daarna het hy by die Amerikaanse marine aangesluit: tydens diens is hy gewond, waardeur sy gesig gedeeltelik verlam is en sy karakteristieke manier van praat veroorsaak het.

Ná pogings in verskeie ander loopbane het Bogart in 1921 sy akteursloopbaan begin en het hy 'n bekende gesig in die Broadway-produksies van die 1920's en 1930's geword. Ná die beursineenstorting van 1929 die aanvraag na toneelstukke verminder het, het Bogart het hom na die rolprentwêreld gekeer. Sy eerste groot sukses as as Duke Mantee in The Petrified Forest. Hy is toegejuig vir sy rol in die gelyknamige toneelstuk en sy vriend Leslie Howard het sekergemaak dat hy die rol in die 1936-rolprent herhaal.

Bogart as Samuel Sayer in The African Queen. Bogart het 'n Oscar vir beste akteur vir sy rol in die rolprent gewen.

Alhoewel die rolprent goeie resensies gehad het, kon Bogart slegs rolle as bendelede in B-rolprente kry. Hy het 'n deurbraak gehad met die 1941-rolprente High Sierra en The Maltese Falcon. Die volgende jaar het sy rol in Casablanca hom tot die toppunt van sy loopbaan gehef en sy kenmerkende rolprentpersoonlikheid gevestig: 'n siniese hardekoejawel wat uiteindelik sy edel kant laat deurskemer. Ander treffers het gevolg, waaronder The Big Sleep (1946); Key Largo (1948), saam met sy vrou Lauren Bacall; The Treasure of Sierra Madre (1948); The African Queen (1951), waarvoor hy sy enigste Oscar vir beste akteur gewen het; en The Caine Mutiny (1954). Hy het altesaam in 75 rolprente verskyn.

Bogart was reeds tydens die verfilming van The Caine Mutiny ernstig siek en oorly in 1957, ná hy 'n operasie vir keelkanker ondergaan het. Hy was 56 jaar oud.