Iarnród Éireann

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Iarnród Éireann
Irish Rail
Irish rail logo.gif
Tipe Private limited company by shares
Gestig 2 Februarie 1987
Hoofkantoor Dublin, Vlag van Republiek van Ierland Ierland
Sleutelpersone P. Gaffney (voorsitter)
Gebied bedien Republiek van Ierland
Industrie Openbare vervoer, spoorweë, infrastruktuur
Werknemers 4 198 (2011)
Moedermaatskappy Córas Iompair Éireann (CIÉ)
Webwerf iarnrodeireann.ie

Iarnród Éireann [ˈiəɾˠnˠɾˠoːdˠ ˈeːɾʲən̪ˠ], Engels: Irish Rail, is die nasionale spoorwegmaatskappy in die Republiek van Ierland (Éire). Die maatskappy is op 2 Februarie 1987 as 'n filiaal van Córas Iompair Éireann (CIÉ), Ierland se staatsbeheerde vervoerkorporasie, gevorm.

Alle langafstand-, pendelaar- en vragtreindienste in die Republiek van Ierland en Rosslare Europort, 'n moderne seehawe in Rosslare, word deur Iarnród Éireann bedryf. Die Enterprise-treindiens tussen Dublin en Belfast in Noord-Ierland word gesamentlik bedryf met Northern Ireland Railways. In 2009 het Iarnród Éireann 38,8 miljoen passasiers vervoer.

In 2012 was Ierland die enigste lidstaat van die Europese Unie (EU) waar die bepalings van die EU-verordening 91/440 nog nie geïmplementeer was nie. Volgens dié verordening moet treindienste en infrastruktuur van mekaar geskei word sodat privaat treindienste toegang tot die spoorwegnetwerk kry. In 2013 is die bepalings nagekom.