Igor Sikorsky

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Igor Sikorsky
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Igor Ivan Sikorsy
Gebore 25 Mei 1889
Kiëf, Russiese Ryk
Oorlede 26 Oktober 1972
Easton, Connecticut, VSA
Nasionaliteit Russiese Amerikaner
Beroep Ingenieur
Bekend vir Vliegtuie en helikopters
Huweliksmaat Olga Fyodorovna Simkovitch, Elisabeth Semion
Kind(ers) Tania, Sergei, Nikolai, Igor, George

Igor Ivan Sikorsy (25 Mei 1889 - 26 Oktober 1972) was 'n ingenieur wat helikopters en vliegtuie gebou het. Hy is gebore in Kiëf, Rusland. Hy studeer aan die Russiese Vlootkollege in St. Petersburg en doen gevorderde studies by die Instituut van Tegnologie in Kiëf en later in Frankryk. Teen 1911 het hy reeds verskeie vliegtuie en twee helikopters gebou. Die tweede kon sy eie gewig van 400 pond van die grond af lig.

Loopbaan[wysig]

Van 1912 tot 1918 was hy die Hoof van die Departement Ingenieurswese by die Russo-Baltic Railroad Car Works. Hier ontwerp en bou hy die eerste multi-enjin vliegtuie van 1913 - 1914. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog bou hy 75 vier-enjin bomwerpers vir die Russiese weermag. Gedurende 1918 gaan hy na Frankryk waar hy dieselfde taak verrig.

Na die oorlog verhuis hy na Amerika en vanaf 1919 werk hy by Hanevig-Sikorsky Aircraft Corporation en vanaf 1923 by Sikorsky Aero Engineering Corporation. Gedurende 1928 word sy maatskappy 'n divisie van United Aircraft Corporation met Sikorsky as die hoofingenieur. Hy tree hier af in 1957.

Vliegtuie en helikopters gebou[wysig]

Sikorsky se eerste vliegtuig wat hy in Amerika gebou het, was die S-29, 'n twee enjin dubbeldekker in 1923. Hierdie vliegtuig is vernietig in die rolprent Hell's Angels. In 1929 het hy die S-38 verskaf aan Pan American Airways. Die S-40 en S-42 was in 1931 en 1932 onderskeidelik voltooi. Beide die vliegtuie was toegerus met konstante-spoed skroewe. Die S-42 het 'n hoogte rekord van 20 407 voet opgestel in 1934. Die S-38, voltooi in 1934, het 'n spoedrekord opgestel. Later het hy sy aandag gevestig op die bou van helikopters.

Bron[wysig]

  • Colliers Encyclopedia Vol 21. Bladsy 23. 1970.