Igtiologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fossiel visse wat in die Amerikaanse staat Wyoming gevind is.

Igtiologie is die wetenskap wat gemoeid is met die studie van visse. Die woord is afgelei van Grieks: ἰχθύς, ikhthus, "vis"; en λόγος, logos, "leer of studie".

'n Igtioloog is dus 'n viskenner.

Meer as 32 000 vissoorte is al beskryf. Dit is meer as die soorte reptiele, amfibieë, voëls en soogdiere saam.

Suid-Afrikaanse igtioloë[wysig]

Een van Suid-Afrika se bekendste Igtioloë is prof. J.L.B. Smith wat die Selakant geïdentifiseer en geklassifiseer het. Ander is Phil Heemstra - spesialiseer in Suid-Afrikaanse seevisse- en Paul Skelton - spesialiseer in Afrika varswatervissse.