Inligting
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inligting is die resultaat wat verkry word as data versamel, verwerk, gemanipuleer en georganiseer word op so 'n manier dat dit die kennis van die ontvanger verryk.
"Inligting" as konsep het verskeie betekenisse wat wissel van alledaagse gebruik tot tegniese betekenisse. Algemeen gesproke verwys inligting na kommunikasie, beheer, data, vorm, instruksie, kennis, mening, verstandelike begrip, stimulus, patroon en voorstelling.

