Intelligente Ontwerp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Intelligente Ontwerp is 'n nuwe filosofiese beweging deur sekere wetenskaplikes wat beweer dat sekere eienskappe in die natuur die beste verklaar kan word as die gevolg van ontwerp.

Intelligente Ontwerp is 'n vorm van Kreasionisme.

Verskeie voorstanders van Intelligente Ontwerp het geen probleem met Evolusie gehad nie, en het selfs evolusie bevorder: Michael Behe het byvoorbeeld geglo Evolusie is akuraat, totdat hy self 'n ondersoek gedoen het vir biochemiese evolusionêre verklarings in die wetenskaplike literatuur. Volgens hom is daar nie voldoende bewyse dat 'n evolusionêre verklaring in biochemie nie haalbaar is nie. Verder is daar dr. Dean Kenyon, wat in die 60's een van die outeurs was van "Biochemical Predestination". Die boek probeer verklaar hoe chemiese prosesse kon lei tot die vorming van die eerste proteïne. Soos wat meer inligting rakende die rol van DNS bekend geraak het, het hy sy eie teorie verwerp, en is hy vandag 'n voorstander van intelligente ontwerp.

Daar is verskillende vertakkinge van Intelligente Ontwerp:

Kosmologiese Intelligente Ontwerp[wysig]

Volgens hierdie vertakking, is die heelal ontwerp sodat dit vir lewe moontlik sou wees om te bestaan. Hierdie argument word gevoer deur dr. Guillermo Gonzalez in sy boek "The Privileged Planet".

Biochemiese Intelligente Ontwerp[wysig]

In Biochemie word Intelligente Ontwerp hoofsaaklik op twee argumente gebou:

Onverminderbare Kompleksiteit[wysig]

Hierdie term is deur dr. Michael Behe gemunt in sy boek "Darwin's Black Box". Dit kom daarop neer dat 'n bepaalde funksie verskeie komponente vereis wat in harmonie met mekaar saamwerk, en waarvan die verwydering van een komponent veroorsaak dat die funksie nie meer verrig kan word nie.

Inligting of Gespesifiseerde kompleksiteit[wysig]

Hierdie argument word breedvoerig ontwikkel deur dr. Stephen C. Meyer in sy boek "Signature In the Cell". Volgens hierdie argument word die volgorde van die nukleotides in DNS nie bepaal deur een of ander onderliggende chemiese wet nie. Die volgorde van die nukleotides word bepaal deur die abstrakte taal wat kodeer vir 'n aminosuur-volgorde. Die volgorde van die aminosure moet presies korrek wees, sodat die aminosuurketting in 'n funksionele proteïn kan vou. Proteïne is egter verantwoordelik vir die lees, regulering en duplisering van DNS. DNS is dus nodig vir die vervaardiging van proteïne, en proteïne is nodig vir die bestaan van DNS.

Unbalanced scales.svg Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.

Kritiek teen Intelligente Ontwerp[wysig]

Daar is heelwat wetenskaplikes wat Intelligente Ontwerp verwerp omdat hulle dit beskou as onwetenskaplik. Van die hoofredes hoekom Intelligente Ontwerp beskou word as onwetenskaplik is as gevolg van die feit dat dit onfalsifiseerbaar is en dat dit 'n vorm van Kreationisme is.

Sien ook[wysig]