Internasionale Krieketraad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die IRK se kantore in Doebai.
Lidlande

Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde.

Die IKR is in 1909 deur verteenwoordigers van Engeland, Australië en Suid-Afrika as die Imperiale Krieket Konferensie gestig. In 1965 word dit hernoem na die Internasionale Krieketraad Konferensie, en in 1989 na die huidige naam.

Die IKR se hoofkantoor is die Lord's Krieketgronde in Londen, maar die administratiewe kantore is sedert 2005 in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate gevestig.

Lidmaatskap[wysig]

Die IKR onderskei tussen drie vlakke van lidmaatskap:

  • Volle Lidmaatskap: vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Die volgende 10 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting): Australië, Engeland, Suid-Afrika, Wes-Indië, Nieu-Seeland, Indië, Pakistan, Sri Lanka, Zimbabwe en Bangladesh. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings.
  • Assosiaatlede: 32 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is, met een stem elk.
  • Geaffilieerde lede: 55 ander lande, waar krieket as sport ontwikkel word, met nog minder inspraak.

Eksterne skakels[wysig]