Ixopo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ixopo
Ligging van Ixopo op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Ixopo
Ixopo
Koördinate: 30°9′S 30°3′O Koördinate: 30°9′S 30°3′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit Sisonke
Plaaslike Munisipaliteit Ubuhlebezwe
Oppervlak
 - Dorp 10,85 km²  (4,2 vk m)
Hoogte 900 m (2 953 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 12 461
 - Digtheid 1 100/km² (2 849/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3276
Skakelkode(s) 039

Ixopo (kort na sy ontstaan bekend as Stuartstown) is 'n dorpie wat geleë is op 'n sytak van die Mkhomazirivier in die middellande van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp vorm deel van 'n belangrike suikerriet- en bosbougebied area. Ixopo is in 1878 opgemeet en is aanvanklik Stuartstown genoem. Die huidige naam is afgelei van die Zoeloe onomatopee, eXobo, wat die klank beskryf wat beeste maak wanneer dit hulle deur modder loop (Die 'X' klank in Zoeloe word as 'n kliek uitgespreek).

Ixopo word deur Alan Paton in sy roman Cry, The Beloved Country: beskryf "There is a lovely road which runs from Ixopo into the hills. These hills are grass covered and rolling, and they are lovely beyond any singing of it."

In die 1990's voor die demokratiseringsproses in Suid-Afrika was Ixopo die middelpunt van 'n aantal gewapende botsings tussen die ANC en Inkatha.

Ixopo is ook bekend vir die Buddhist Retreat Centre, een van die belangrike Boeddhistesentrums in Suid-Afrika.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Hoofplek Ixopo tydens die 2011-sensus