Ixtlilxochitl II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ixtlilxochitl II, deur die Spanjaarde Don Fernando Ixtlilxochitl gedoop, was die laaste koning van Acolhuacan, 'n deelstaat van die Asteekse Ryk. Hy het as marionet van die Spanjaarde geregeer en sy onderdane met dwang gekersten.

Hernán Cortés het hom aanvanklik Chichimecatecle genoem, wat 'n verbastering van sy titel Chichimecahtecuhtli is. Na bewering het hy 'n blanke vel gehad.

Hy was 'n seun van Nezahualpilli en oorgrootvader van Fernando de Alva Ixtlilxochitl, wat die geskiedenis van Tekskoko op skrif gestel het.