Izak Davel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Izak Davel
Izak Davel.jpg
Izak Davel, Januarie 2009
Oorsprong Lady Grey
Geboorte 1 Julie 1983
Beroep(e) Sanger, Model
Genre(s) Pop, Rock
Aktiewe jare 2009 – nou
Uitgewer(s) EMI, Ramkat Musiek
Webwerf izakdavel.co.za
Portal.svg Musiekportaal
Izak Davel
Beroep(e) Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van "Scab" vertolk het. Sy debuut-album, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.[1]

Biografie[wysig]

Izak Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna by dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.[2] In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina.[3] Hy is getroud met Mericke.[4] Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is 'n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burgersdorp.

Diskografie[wysig]

  • Ken Jy My?, 2008 RAMKAT MUSIEK[5]
  • Verlore Harte, Universal, 2009
  • Vreesloos, EMI, 2011
  • Jy's my lewe

Filmografie[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]