Iztaccíhuatl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Iztaccíhuatl
MountainIztaccihuatlMexico01.jpg
Ligging: Meksiko
Hoogte: 5 230 meter
Reeks: Sierra Volcánica
Koördinate: 19°10′39″N 98°37′58″W
Tipe: Stratovulkaan
Laaste uitbarsting: Holoseen
Datum van eerste bestyging: 1889
Eerste bestyger(s): James de Salis
Vertaling van naam: Wit vrou (Nahuatl)
Meksikaanse skildery wat die legende van Popocatépetl en Iztaccíhuatl vertoon.

Iztaccíhuatl (Nahuatl: Iztāccihuātl [istakˈsiwatɬ] of [iʃtakˈsiwatɬ]) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die twee Meksikaanse deelstate México en Puebla geleë is. Met 'n hoogte van 5 230 meter is dit die derde hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl en die Popocatépetl.

Die Iztaccíhuatl is halfpad tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die suidooste geleë. Net suid lê die tweelingsvulkaan Popocatépetl. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "wit vrou".

Eksterne skakels[wysig]