Jan Barnard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Jan Barnard (*21 Oktober 1929 – †21 Oktober 2012) was ’n Springbok-marathonatleet wat Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in 1956 en by die Statebondspele in 1954 en 1958 verteenwoordig het. Hy was ’n joernalis van beroep en het ook vir baie jare in die kommunikasiewese gewerk, hoofsaaklik in die tabakindustrie, insluitende by Rembrandt. Hy is op 21 Oktober 2012 op sy 83ste verjaardag in Pretoria in sy slaap oorlede. Hy word deur vyf kinders en nege kleinkinders oorleef.[1]

Verwysings[wysig]