Jean de Villiers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jean de Villiers Sportportaal
Jean de Villiers.jpg
Volle naam Jean de Villiers
Geboortedatum 24 Februarie 1981 (1981-02-24) (33 jaar oud)
Geboorteplek Paarl, Suid-Afrika
Lengte 190 cm
Gewig 100 kg
Skool Paarl Gimnasium
Universiteit Universiteit van Stellenbosch
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Senter; vleuel
Springbokno. 735
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2009-2010 Munster 23 (40)
korrek soos op 22 Julie 2012.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2001–2009
2011-huidig
Westelike Provinsie
Westelike Provinsie
37
13
(125)
(25)
korrek soos op 17 Augustus 2014.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2005–2009
2011-huidig
Stormers
Stormers
53
52
(90)
(50)
korrek soos op 22 Junie 2014.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2002-2014 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 102 (135)
korrek soos op 4 Oktober 2014.
Nasionale Sewesspan
Jare Land Toernooie
2001-2002 Vlag van Suid-Afrika RSA Blitsbokke Wêreld-Sewesreeks

Jean de Villiers (geb. 24 Februarie 1981, Paarl) is Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein. Hy het sy rugbyloopbaan as 'n vleuel begin, maar speel nou hoofsaaklik op senter. De Villiers speel vir die Westelike Provinsie en die Stormers en op internasionale vlak vir die Springbokke. In 2008 word hy as Suid-Afrika se speler van die jaar aangewys.

Jeug[wysig]

De Villiers matrikuleer by Paarl Gimnasium, 'n skool wat al verskeie groot rugbyspelers opgelewer het. Hy maak sy debuut op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse sewes-span. Hier speel hy 'n belangrike rol in die spanne wat tweede in die Wêreld-Sewesreeks van 2001/02 en derde in die 2002-Statebondspele geëindig het. In 2002 speel hy sy eerste internasionale 15-man wedstryd in die onder-21 Rugbywêreldbeker. Tydens die toernooi druk hy vier drieë vir die Junior Bokke.

Springbok[wysig]

Hy het sy eerste toets op senior vlak op 9 November 2002 teen Frankryk in Marseille gespeel, maar doen 'n ernstige knie-besering in die eerste vyf minute van die wedstryd op. Na sy herstel speel hy 'n belangrike rol in die Bokke se "Renaissance van 2004", wat hulle 'n ​​onverwagte oorwinning in die Drienasies-reeks daardie jaar besorg. Beide de Villiers en sy spanmaat van Paarl Gimnasium, Joubert, druk elk drie drieë tydens dié wedstryd.

Hy wen die Rugbywêreldbeker 2007 as deel van die Suid-Afrikaanse span, maar hy skeur sy biseps (bo-armspier) tydens die eerste wedstryd en het nie verder aan die toernooi deelgeneem nie. In 2009 wen hy sy tweede Drienasies-reeks saam met die Suid-Afrikaanse span.

Kaptein[wysig]

In Junie 2012 word hy deur Heyneke Meyer as die Springbokkaptein aangewys. Sy toetsrekord as kaptein is negentien gewen, sewe verloor en twee gelykop (teen Engeland en Argentinië) uit 28 wedstryde.[1]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Jean de Villiers by www.genslin.us/bokke Besoek op 26 September 2014