Jeff Bezos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jeff Bezos
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jeff Bezos tydens die ENCORE-prysplegtigheid in 2010

Geboortenaam Jeffrey Preston Bezos
Gebore 12 Januarie 1964
Albuquerque, Nieu-Meksiko, VSA
Nasionaliteit Verenigde State
Beroep Voorsitter en hoof uitvoerende beampte van Amazon.com, Inc.
Eerbewyse Time Person of the Year in 1999
Huweliksmaat Mackenzie Bezos (sedert 1993)

Jeffrey Preston "Jeff" Bezos [ˈbeɪzəs] (* 12 Januarie 1964) is 'n Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat. As stigter en hoof uitvoerende beampte van Amazon.com, Inc., oorspronklik 'n aanlyn-boekwinkel wat intussen 'n wye verskeidenheid produkte en dienste aanbied, het hy 'n beslissende rol in die groei van e-handel gespeel. In Augustus 2013 het hy die gesiene dagblad The Washington Post gekoop.