Jeffreysbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jeffreysbaai
(en) Jeffreys Bay
Uitsig in Jeffreysbaai
Uitsig in Jeffreysbaai
Bynaam: J-Bay
Ligging van Jeffreysbaai op 'n kaart (Oos-Kaap)
Jeffreysbaai
Jeffreysbaai
Koördinate: 34°2′S 24°55′O Koördinate: 34°2′S 24°55′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Kouga
Stigting 1849
Oppervlak
 - Dorp 20,79 km²  (8 vk m)
Hoogte m (0 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 27 107
 - Digtheid 1 300/km² (3 367/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6330
Skakelkode(s) +27 (0)42
Webwerf: http://www.jeffreysbay.co.za/

Jeffreysbaai (Engels: Jeffreys Bay) is 'n vakansiedorp in die suidwestelike Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is 20 km oos van Humansdorp geleë en val onder beheer van die Kouga Plaaslike Munisipaliteit.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het ontstaan as 'n hawe en handelspos deur 'n walvisjagter, J.A. Jeffrey in 1849. Die Portugese ontdekkingsreisiger Manuel Perestrelo het in 1575 reeds hier geland.

Omgewing[wysig]

Jeffreysbaai is internasionaal bekend vir branderplankryery, veral in die wintermaande. Internasionale kompetisies word gereeld hier gehou. Die baai is ook bekend vir sy skulpies. Die eenvertrek-Charlotte Kritzinger-skulpmuseum is hier gevestig, en met 600 soorte mossels uit alle oseane beskik dit oor een van die beste versamelings ter wêreld.[2] Dolfynstrand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Hoofplek Jeffreysbaai tydens die 2011-sensus
  2. Marion Boddy-Evans: 1001 Moet-sien-plekke. Kaapstad: Struik 2006, bl.243

Eksterne skakels[wysig]