Jimmy Kruger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jimmy Kruger

Minister van Justisie en Polisie
Ampstermyn
1974 – 1979
President John Vorster
Voorafgegaan deur Petrus Cornelius Pelser
Opgevolg deur Alwyn Schlebusch

President van die Senaat
Ampstermyn
1979 – 1980
Voorafgegaan deur Lourens Muller
Opgevolg deur Louis le Grange
Ampstermyn
1979 – 1980
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte 1917
Wallis
Sterfte 9 Mei 1987
Verenigde Koninkryk
Politieke party Nasionale Party

James Thomas "Jimmy" Kruger (1917 – 9 Mei 1987[1]) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en het van 1974 tot 1979 as Minister van Justisie en Polisie in die kabinet van Eerste Minister John Vorster gedien. Hy was ook van 1979 tot 1980 president van die Suid-Afrikaanse Senaat.

Kruger is in Wallis gebore en deur Afrikaanse ouers aangeneem. Hy was lid van die Nasionale Party in Suid-Afrika en was verantwoordelik vir die verbanning van die leier van die Swartbewussynsbeweging, Steve Biko. Toe Biko in polisie-aanhouding oorlede is, was Kruger se reaksie: "Dit laat my koud."

Kruger het aanvanklik volgehou dat Biko gesterf het weens 'n volgehoue eetstaking.[2] Hierdie uitlatings is deur die liberale Suid-Afrikaanse joernalis Donald Woods bevraagteken.[3] Deur die druk wat Woods toegepas het, het Kruger sy vroeëre stellings begin terugtrek en gesê Biko het bevel gegee dat pamflette wat "bloed en liggame in die strate" propageer, versprei word.[4]

Na druk deur die internasionale gemeenskap het die Suid-Afrikaanse regering 'n ondersoek na die dood van Biko begin. Die regter in beheer het bevind dat Biko gesterf het weens breinskade wat deur 'n kopbesering opgedoen is. Dit het die einde van Kruger se loopbaan beteken. Die regering het besluit dat Kruger se optrede die land in 'n verleentheid gestel het en het daarop aangedring dat hy bedank; hy was uiteindelik nie net sy ministerspos kwyt nie, maar ook sy lidmaatskap van die Nasionale Party.

Kruger in films[wysig]

Kruger is in die volgende rolprente uitgebeeld:

Verwysings[wysig]

  1. Donald Woods, Biko, p. 404
  2. Biko, p.213
  3. Donald Woods, South African Dispatches, pp. 167-168
  4. South African Dispatches, p. 179