Joe Seremane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wetshotsile Joseph Seremane

Federale Voorsitter van die Demokratiese Alliansie
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
Maart 2000
Voorafgegaan deur Douglas Gibson

Lid van die Parlement
Ampstermyn
1998 – 2009
Ampstermyn
1998 – 2009
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte 26 Augustus 1938
Randfontein, Transvaal
Politieke party Demokratiese Alliansie

Wetshotsile Joseph Seremane is 'n Suid-Afrikaanse politikus en federale voorsitter van die land se hoofopposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA).

Seremane het sy loopbaan begin as onderwyser in Bekkersdal in die Noordwes provinsie van Suid-Afrika totdat hy as gevolg van sy betrokkenheid by politiek verbied is om onderwys te gee. Hy was 'n politieke gevangene op Robbeneiland van 1963 tot 1969 totdat hy deur die Apartheid regering na die Bophuthatswana tuisland verban is. Hy is weer sonder verhoor aangehou van 1976 tot 1978 en verskeie kere tussen 1982 en 1984.

Seremane het Burgerlike Organisasies (Civics) in voorspraak en later in mediasie en konflikbeslegging gedien. Hy was Direkteur van Geregtigheid en Versoening van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en Hoofgrondeisekommissaris na volle demokrasie in 1994 in Suid-Afrika gevestig is.

In 1994 het hy by die Demokratiese Party (DP), die voorganger van die DA, aangesluit en is in 1998 tot parlementslid verkies. In Maart 2000 is hy tot federale voorsitter van die DP verkies waarna hy vervolgens stigtersvoorsitter van die DA geword het.

Seremenae was aanvanklik 'n lid van die Pan Africanist Congress (PAC), 'n swartbewussynsorganisasie wat van die ANC af weggebreek het. Hy verwerp egter nou rassepolitieke en word gesien as die mees prominente swart politikus in die DA.

Na die aankondiging van die DA leier Tony Leon dat hy van plan is om in Mei 2007 af te tree is Seremane gesien as 'n moontlike kandidaat om Leon op te volg. Op 26 Februarie 2007 kondig hy dan ook aan dat hy vir verkiesing as DA-leier sal staan. Alhoewel hy in die verkiesieng deur Helen Zille verslaan is, is hy tot voorsitter van die DA herkies.

In 2008, na die bedanking van pres. Thabo Mbeki, is Seremane deur die DA vir die presidentspos genomineer. Hy het 50 stemme in hierdie verkiesing gekry, die eerste betwiste presidentsverkiesing in Suid-Afrika sedert 1994.

Eksterne skakels[wysig]