Johan Kriek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Johan Kriek is 'n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler wat twee keer die Australiese Ope enkelspel gewen het.

Kriek is op 5 April 1958 in Pongola gebore en het na Napels, Florida in die VSA verhuis nadat hy in 1978 'n professionele manstennisspeler geword het. In sy loopbaan het hy twee keer 'n Grand Slam-enkelspeltitel gewen deur die Australiese Ope in 1981 en 1982 te wen. Hy het veertien enkelspel- en agt dubbelspeltitels gewen. Kriek het in Augustus 1982 'n Amerikaanse burger geword.

In 1981 het hy die Amerikaner Steve Denton in vier stelle 6-2, 7-6, 6-7 en 6-4 geklop en so die Australiese Ope enkelspelkampioen geword. Hy het Denton in 1982 weer geklop, dié keer in drie stelle, 6-3, 6-3 en 6-2 om die Ope titel.