Johannes Hermanus Michiel Kock

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Generaal Kock met sy persoonlike staf.

Johannes Hermanus Michiel Kock (Graaf-Reinet, 1835 - Elandslaagte 1899) was 'n Boeregeneraal en soldaat.

Lewensloop[wysig]

Reeds op die ouderdom van 10 was hy saam met sy vader by die Slag van Zwartkopjes en op ouderdom 13 by die Slag van Boomplaats. Hy word 'n landdros in Potchefstroom en ook 'n Volksraadlid vir daardie gebied. Hy was baie betrokke in kerksake en was grotendeels verantwoordelik vir die aanvaarding van die beleid dat Protestantse predikante uit staatsfondse betaal word.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

Met die uitbreek van die oorlog was hy in beheer van die Johannesburgkommando en Duitse Korps. Hy val Natal binne om die spoorlyne te gaan opblaas maar volg nie opdragte presies nie en word betrokke in die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899. Hy verloor die slag en word gewond. Hy beswyk 'n paar dae later aan sy wonde.

Bronne[wysig]