Johannes die Doper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Doop van Christus, deur Piero della Francesca (1449)

Johannes die Doper was 'n leraar en belangrike godsdienstige figuur. Hy het die voorbeelde van die Hebreeuse profete voor hom gevolg: hy het 'n asketiese lewenstyl gevolg, sondige heersers aangeveg, en berou van sondes en God se regverdigheid verkondig. Herodes Antipas, die Heerser van Galilea en Perea, het hom as 'n bedreiging gesien en hom tereg laat stel.

Sommige akademici beweer dat Johannes deur Essene beïnvloed was: 'n deels asketiese groep wat die einde van die wêreld verwag het en rituele soortgelyk aan die doop gehad het.[1] Johannes se doopsbediening was 'n reiningsplegtigheid vir berouvolle sondaars, wat in "lewende water" (in hierdie geval 'n rivier) uitgevoer is, ooreenkomstig met Joodse tradisie. Jesus, die sentrale figuur van Christendom, is ook deur Johannes gedoop. Daar is voorgestel dat Jesus oorspronklik een van Johannes se volgelinge was.[2] Sommige van Jesus se volgelinge was ook oorspronklik volgelinge van Johannes.[3] Soos Jesus, het Johannes in 'n tyd van politieke, sosiale en godsdienstige onrus gepreek.

Beskrywings van Johannes in die Nuwe Testament is versoenbaar met dié deur die Joodse geskiedkundige Josefus, wie se aantekeninge as gesaghebben beskou word.[4] Hy kom egter nie slegs in die Christelike Evangelie voor nie, maar ook in die Islamitiese Koran.

Verwysings en bronnelys[wysig]

  1. Harris, Stephen L. (1985) Understanding the Bible. Palo Alto: Mayfield; p. 382
  2. Funk, et al. (1993), Robert W. Funk;Hoover, Roy W. Hoover; en die Jesus Seminar. The Five Gospels. San Francisco: Harper. "Stages in the Development of Early Christian Tradition", p. 128
  3. Stephen L. Harris (1985) Understanding the Bible. Palo Alto: Mayfield . Johannes 1:36–40
  4. "John the Baptist, St." In: Cross, F. L. (red.) (2005) The Oxford Dictionary of the Christian Church. New York: Oxford University Press