Jorge Semprún

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jorge Semprún
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jorge Semprún in Montpellier op 23 Mei 2009

Geboortenaam Jorge Semprún Maura
Gebore 10 Desember 1923
Madrid, Spanje
Oorlede 7 Junie 2011 (op 87)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Spanje Spanje
Beroep Skrywer, Draaiboekskrywer, politikus en voormalige Minister van Kultuur vir Spanje
Eerbewyse Ovidprys (2002)
Academy Award

Jorge Semprún Maura (* 10 Desember 1923 in Madrid; † 7 Junie 2011 in Parys) was 'n Spaanse skrywer en politikus wat die grootste deel van sy lewe in Frankryk gebly en ook sy werke oorwegend in Frans geskryf het.

Met sy literêre werke het Semprún die herinnering aan die Spaanse diktatuur onder Francisco Franco wakker gehou en 'n passievolle pleidooi teen die onmenslikheid van ballingskap, oorlog en deportasie gelewer.