Jurga Šeduikytė

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jurga
2009 m. Respublikos Prezidento inauguracija 12 (Jurga Šeduikytė).jpg
Geboortenaam Jurga Šeduikytė
Geboorte 10 Februarie 1980
Telšiai, Litaue
Beroep(e) Sangeres, liedjieskryfster
Genre(s) Pop, art rock
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 2005 — hede
Uitgewer(s) M.P.3 (Litaue)
Webwerf http://www.jurgamusic.com
Portal.svg Musiekportaal

Jurga Šeduikytė, beter bekend onder haar verhoognaam Jurga, is 'n Litause pop-sangeres en liedjieskryfster.

Biografie[wysig]

Jurga het haar solo-loopbaan met haar debuutalbum Aukšo Pieva ("Goudveld") begin wat in September 2005 vrygestel is. Sy het die twaalf snitte, wat in Litaus en Engels gesing word, almal self geskryf. Haar eerste enkelsnit, Nebijok ("Moenie bang wees nie"), het weke lank plek 1 op die Litause trefferlys behaal en was die grootste Litause treffer van daardie jaar. Jurga het vervolgens talle Litause toekennings ontvang soos Beste debuut, Beste lied, Beste album, Beste kunstenares en Lied van die jaar.

Terwyl haar albums en enkelsnitte in Litaue en Letland as kompakskywe vrygestel is, word Jurga se musikale werke sedert die herfs van 2006 op ander markte digitaal versprei en kan by internasionale aanlynwinkels soos Amazon.com, iTunes Music Store, Napster, eMusic, Virgin Megastore en Sony Connect afgelaai word.

Jurga se tweede album, Instrukcija ("Instruksies"), is op 19 April 2007 vrygestel. Die 13 snitte is weer eens deur Jurga geskryf en het in Litaue en Nieu-Seeland ontstaan.

Haar Engelse lied 5th Season is op 23 Julie 2007 met die Grand Prix van die Baltic Song Festival in Karlshamn, Swede bekroon.[1] Enkele maande later, op 1 November 2007, het Jurga die MTV European Music Award as "Beste Baltiese kunstenaar" gewen.[2]

Diskografie[wysig]

Albums

  • Aukšo Pieva (2005)
  • Instrukcija (2007)
  • +37° (Goal of Science) (2009)

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]